ONS VIER
UITVINDERSDAG
Stories oor dapper vroue wat die magiese Afrika verken
KOM VIER DIE
Vreugde van die LEWE

LEES MEER

saam, die skat van kuns en immer teenwoordige behoefte om nuut te skep!

Ons vertrek op
'n AFRIKA REIS!
lees en leef saam

Kersgedigte

Vyf prag gedigte om die fessseisoen te vier onder ons mooiste Afrika son.

Lees nou

Afrika Reis

‘n Dagboek oor ‘n epiese vier by vier tog deur Afrika met pragtige bygaande fotos. Deur ElsaCathernien

Lees nou

Vanuit

Kom vier die vreugde van LEWE saam, die skat van kuns en immer teenwoordige behoefte om nuut te skep!


Hier voeg ons verskillende kunsvorme saam, verskillende outeurs, verskillende kunstenaars, fotograwe en skrywers, filosowe en dromers om saam ‘n ‘GESONDHEID’ op die lewe te drink! Ons hou van ons híerwees, ons vind vreugde in mekaar en ons stap die pad saam.

Ons, ons ouers en baie voorgeslagte het in Afrika gewoon en gewerk en geleef, soos vandag nog. Ons vier ons hierwees, ons anderswees en ons gelukkigwees. Ons is die gelukkige erfgename van ’n fyn Westerse agtergrond, lekker ingebed in die warm rooi grond van ons kontinent. Ons verstaan die diep, oerstem van die woestyn, ons hoor die asemteue van rustelose oseane en ons bly ewig verslaaf aan die bekoring van die Afrikabos. Donker sterrenagte hou ons in verwondering en groot, goue volmane oor die oostekim slaan keer op keer ons asems weg… ons is kinders van Afrika.

Teken hier in om ‘n epos te kry as daar nuwe inhoud op die webwerf is.


my taal

my taal kan klap soos ’n sweep
sy kan hard wees soos ysterklip
sy kan swets soos ’n matroos
maar soms kom lê sy, sag en soet,
soos heuning op my tong
sy vergestalt my vrese, drome, hoop
verwoord my lief en leed
vul my huis en haard
vind weerklank in my gebed
sy stap uit die kombuis uit
sy verwelkom my met arms wawyd oop
daar is ’n konsertina in haar stem
ʼn ghoema in haar lag
uitbundig dans sy ’n riel
sy is sonder weerga
sy staan in volblom
met wortels vas geanker in Afrikagrond
deurdrenk van son
taai, aanpasbaar soos ’n aalwyn
sy hou nooit op met groei
sy rank tot teen die hoogste hemelblou
sy bly, vir altyd, mý taal!

Willem De Swyger

Lees ons brief hier

NUUSBRIEF

Vanuit

Geniet die kleurvolle kaleidoskoop van al die mooi- en nuutskeppinge van StudioEW.

Bydraes

‘n Skatkis vol nuwe en ou juwele

Kinderdrome

Speel-speel, die wonder van kindwees

Stories

Die lewe is oop en wyd en baie diep  

Fotos

Die dae word vasgevang in kiekies

Sketse

Vlinders van inspirasie

Modes

Die wispelturigheid van die vrou

Nuusbriewe

Lekker saamgesels oor seisoen en tyd

Gedigte

Droom en emosie, skilder, verse in woord …

Die kuns om die gewone lewe te verfyn tot die hoogste sport van geluk, is ’n fyn kuns. Dit het nie te make met besittings of plek of tyd nie, dis ’n ingesteldheid. ’n Kers wat brand in ’n blaker,’ n tuinblom in ’n glasbotteltjie, ’n mooi musiekie oor jou speler en ’n ligte vreugdevolle gees, omskep elke omstandigheid in ’n fees. ’n Versameling kerse, ’n groot bos laventel uit jou eie beddings en romantiese musiek, doen dieselfde. Ons vier die tevredenheid met dit wat ons het, dit wat ons is en ons vermoë om dit baie mooi te maak. Ons is passievolle mense, ons leef hierdie lewe met geesdrif en hartstog!
Geluk is nie daar ver nie, dis hier!

Die storie van

In ’n óu huisie, in ’n groot tuin op die wye en oop hoëveld, word daar al vir baie jare geskep. Dit het begin met ’n droom… lap is die inspirasie, die swaai en sweef van ligte stowwe om ’n vrouefiguur, die elegansie van vroulikheid en die kringloop van ’n gedagte tot perfekte uitrusting, is die bekoring en verslawing.

LEES VERDER

LIG

lig

ENERGIE

energie

KLEUR

kleur  

VREUGDE

vreugde

ONS GALERY

Leef met passie en geesdrif! Die lewe is net een oomblik lank …

BESIGTIG ALLE FOTOS & SKETSE

Kom vier saam die vreugde van LEWE, die skat van kuns en die immer teenwoordige behoefte om nuut te skep.

Kopiereg van alle intellektuele eiendom op die webwerf behoort aan Elsa Catharien Winckler behalwe as anders vermeld.

Kontak Vorm
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from - Youtube
Vimeo
Consent to display content from - Vimeo
Google Maps
Consent to display content from - Google