STUDIO EW & WINCK

Waar stories en drome ‘n tuiste kry

WINCK is ’n joernaal deur Studio EW.

’n Plek vir stories en drome, vir dinge wat gemaak, onthou, ontdek en bewaar word. Hier vier ons die besondere én die alledaagse, met ’n liefde vir Afrikaans, Afrika en die mooi wat dikwels in klein dinge skuil.

Reis saam, en kyk met nuwe oë na die wêreld om ons.

Van Studio EW tot WINCK

Studio EW het sy oorsprong in ’n ateljee waar idees deur hande gestalte gekry het: in lap en lyn, kleur en tekstuur, sketse en kledingstukke.

Met die jare het die ateljee se wêreld groter geword. Die stories rondom die skeppings, die mense en plekke wat inspireer, ons taal, ons reise en die dinge wat ons wou onthou, het al hoe belangriker geword.

Uit dié wêreld het WINCK gegroei: die digitale joernaal van Studio EW. Die ateljee bly die kreatiewe tuiste; WINCK is waar ons vertel, versamel en deel.

ATELJEE

Waar idees vorm kry. Ontwerp, sketse, fotografie, kleur, tekstuur en die vreugde van maak.

ERFENIS

Waar ons onthou en ontdek. Taal, mense, plekke, reis en die stories wat ons met ons saamdra.

SKATKIS

Waar ons bewaar wat ons raak. Kuns, briewe, boeke, drome en ander vondste wat die moeite werd is om weer oop te maak.

Stories en drome

Ons glo dat die gewone lewe vol dinge is wat die moeite werd is om raak te sien: ’n ou verhaal, ’n handgemaakte voorwerp, ’n woord, ’n landskap, ’n skets, ’n herinnering.

WINCK beweeg daarom nie agter elke nuwe gier aan nie. Ons versamel stadig en kies met sorg. Soms kyk ons terug, soms reis ons verder, en soms staan ons net ’n oomblik stil.

Want geluk is nie daar ver nie. 

Dis hier.

REDAKTEURSBRIEF

Aan al ons lesers!
StudioEW se webbladsy is pas vernuwe en verbeter. Ons wil graag aan julle lees en kykstof verskaf wat vol verrassings en vrolike onderwerpe is, maar ook waardevolle, alledaagse gebeure weergee wat ons oog vang. Dit doen ons met ons oog gerig op die mooi in die lewe, die droom. Tog…bly ons voete stewig op hierdie aarde staan en hou ons tred met die werklikheid.

Die joernaaluitgawe van Studio EW bestaan uit drie afdelings. Eerstens die Ateljee. Hier kyk ons na modefotos, nuut en oud, mooi lappe en tydlose interieur. Ook die storie van Studio EW.

Onder die afdeling Erfenis kry jul ongewone reisverhale, artikels oor ‘n verskeidenheid onderwerpe. Omdat ons vreugde vind in ons HIER WEES, in wie ons is, waarvandaan ons kom en die bydrae wat ons lewer, plaas ons ook boeiende vertellings van vroue wat lankal in Afrika geleef het, wat ons nou nog inspireer en motiveer.

In ons Skatkis lê ou briewe, kinderdrome en bydraes van ons lesers en kenners. Dit is ons nostalgiese snaar waarop hier getokkel word.

Gaan snuffel rond en as jy ‘n plan het, ‘n idee, stuur asb vir ons. Ons wil graag julle bydraes plaas. Ons nooi jou uit!

Illustrasie deur Alida Bothma

Ons beplan ‘n someruitgawe met allerhande nuwe artikels en bydraes. Hou die sosiale media dop vir nuus oor plasings. Dit is ons roete. So bly jy by en word ook deel van hierdie fassinerende reis.
Verwag ‘n artikel oor die olifante van Afrika, die byna uitwissing en nou die komplekse probleem van te veel in te klein reservate ingeperk. ‘n Bydrae oor die fynbos in die Kaap… ons kosbare erfenis volg. Dan gaan ons ook kyk na jong vroue met ‘n spesiale kinderboekprojek, ‘n meesleurende bydrae met poësie en ook ons bomeskat. Hierdie is ‘n paar van die juwele wat te wagte gaan wees.
Ons Kersplasings hou ons vir ‘n verrassing…

Dit alles skryf en lees ons met harte vol dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader vir hierdie ryk en vol lewe wat ons leef op hierdie mooi kontinent van ons.

So, WELKOM by Studio EW, Stories en Drome!

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from - Youtube
Vimeo
Consent to display content from - Vimeo
Google Maps
Consent to display content from - Google