Apocrypha XII
En die Here God maakte voor Adam en zijne vrouw
rokken van vellen en toog ze hu naan. – Genesis 3:21
Toe Eva haar tussen die vye bome aantrek
in modes deur die hemelse Hartnell –
die sagte dassiebroekie
en die stoute bra van springbokvel,
die handgelooide miniromp wat wip
en ‘n tweede sondeval voorspel –
toe sis die slange.
O jou soete meisiekind uit die paradys!
Vermakerig het sy haar lae hals en bene
aan die engele voor die poort gewys!
M. M. Walters
Ons Studio
Hier is oor die jare allerhande fassinerende uitrustings ontwerp en gemaak: droomtrourokke vir die mooiste bruide, wasige sagte rokke vir romantiese aande, uitsette vir eksotiese reise in ver lande, matriekafskeidrokke wat die verbeelding aangryp en treffende skeppings vir ’n verskeidenheid geleenthede.
Ons gaan in hierdie ruimte na van die mooiste hiervan kyk. Dit bly ’n interessante storie hoe die vrou, die idee en die materiaal, uiteindelik eindig in ’n uitrusting waarin sy tevrede voel en wat die geleentheid komplimenteer. ’n Skeppende pad wat so bevredigend is.
Sabeth Mashinini is die bedrewe stikster wat die legkaart van pante uitpluis en aanmekaar stik. Sy is al byna ontwerper in eie reg. Sy werk meer as 25 jaar hier en is ’n onlosmaakbare deel van die Studio. Onder haar vlytige vingers het vele lieflike skeppings vorm aangeneem!
Deesdae is die Studio ’n verkleurmannetjie wat gestalte gee aan uitrustings en stories en prentjies. Dit huisves ’n boekery, ’n ryk skatkis vol ougoed maar ook die nuutste bydraes. Ons poësie en letterkunde en musiek is grensloos… ons werk en skep terwyl die harp, barok of Mozart sorg vir inspirasie.
Bestel ‘n bont of effe gemaklike
wintersbroek
vir reis of informele geleenthede.
Kontak ons met jou groote en kleurvoorkeur.
Koste: R780 plus posgeld
Rokkies
wou sy dra
niemand kyk daarna
en almal staan verslae
oor die rokkies wat sy dra ….