Om te sien, is om te weet. Dan is dit ook maklik om te glo. Hier kyk ons na prentjies: geverf, met potlood op papier geteken, lappe en juwele wat bymekaar gevoeg is om ‘n interessante storie te vertel. Drome word dikwels gebore uit boeiende dinge wat ons sien, iets wat ons raak, dit word idees, dit gaan oor in planne. Sit energie en ‘n kunstige vaardigheid daarby, dan word die prentjie ‘n realiteit. En is die droom daar!

Ons is dromers…maar ook doeners!

Lap, papier en hout is noodsaaklik vir die lewe. Dit is soos skilderkuns wat gestalte kry in skilderye, woorde wat opgestapel word in gedigte en gedagtes wat knus gaan lê in stories, klanke wat in rye gepak word vir die mooiste musiek. Hoe lewe lap en papier en hout nie? Ons is die gelukkiges om hiermee te kan saamleef. Heerlik ryk is die lewe!

hier is altyd blomme uit my tuin:
armsvol laventel in ou koperpotte tint die lug
katjiepiering bondel saam in ronde blink glas
rosige kamelias omskep die vroegwinter in ‘n waas
in die stil midwinter roer die wind brawe gesiggies in potte
en buite knik-knik warmrooi papawers hul koppe
die lente sit oordadige vreugde in vrolike handevol pronkertjies op my tafel
en dan die somer… bosse en bosse wit rose of die uitspattige oordaad van outydse kleur!

Kom vier saam die vreugde van LEWE, die skat van kuns en die immer teenwoordige behoefte om nuut te skep.

Kopiereg van alle intellektuele eiendom op die webwerf behoort aan Elsa Catharien Winckler behalwe as anders vermeld.

Kontak Vorm
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from - Youtube
Vimeo
Consent to display content from - Vimeo
Google Maps
Consent to display content from - Google