Blomstudie van Caterien
Caterien was vyf jare oud en het die blomme geverf met vingertjies. Haar onderwerp was ’n bos blomme in ’n vaas. Sy het dus spontaan geverf, los en vry, wat sy gesien het. Vingers is ’n wonderlike medium, daar is geen moeilike tegnieke by betrokke nie, die verf kan sommer dik en helder op die papier beland. Die doek word dus met oorgawe vol kleur en tekstuur en vorm. Dis so opwindend vir ’n kind en maak hul lief vir kuns.


Born Free
Hier gaan ons luister na die storie van Elsa, die leeutjie van Born Free wie se nageslag vry in die Serengeti leef.
Die storie verskyn eersdaags hier en sal ‘n vervolgverhaal wees.

Klipspringertjies
Ons gaan almal saam na Mapungubwe, daar doer in Limpopo. Daar ontmoet ons ’n klipspringerfamilie en word deel van al die akrobatiese avonture van die fyn bokkies en spesiale heldedade.
Ook die klipspringertjie is nog gegrendel, die sjarmante familie sal ons in die nuwe jaar ontmoet!