Hierdie reeks Jong Stemme is bedoel om soos n vars bries deur jou jaar te waai…lig en energiek, met aktiewe deelname van elke sintuig. Dit laat doelgerig ‘n spoor deur jou alledaagse doen en late…die gewone lewe word dae, weke en maande gevul met passie, sensualiteit en bewustelike kreatiewe denke en dade Neem deel aan díe heerlike reis…

Drie jong stemme

geure & energie & gedagtes

JONG  |  STEMME  |  LIG  |  ENERGIE  |  ‘N MONDIGE JAAR  |  ‘N TYD VAN MISKIEN 

Lize en die wonder van essensiële olies

LEES MEER

Mariné se positiewe gesondheid

LEES MEER

Frieda se reis met bewustelikheid

LEES MEER

Om my tuiste te omskep in ‘n gesonde oase was een van die bevredigendste besluite wat ek al ooit geneem het.

Lize Winkler oor essensiële olies

Elke vrou is ontwerp om ‘n vegter te wees. ‘n Vegter wat intensioneel “toesig hou oor alles wat in haar huis gebeur” (Spreuke 31:27). Ons het ‘n ingebore begeerte om om te sien na ons geliefdes. Fisies, emosioneel en spiritueel.

Vandat my eerste dogtertjie gebore is, was ek opnuut bewus van hierdie merkwaardige roeping! Terselfdetyd het ek ook besef watter waarde daarin lê om ‘n tuiste te skep wat ‘n gesonde fondasie lê waarin my geliefdes kan groei en floreer. My soeke na ‘n meer gesonde, natuurlike leefstyl het my op ‘n verkwikkende reis geneem en waar ek nou staan en terugkyk, staan ek in verwondering oor die diepgewortelde, helende eienskappe van die natuur. Essensiële olies is nou al meer as ‘n dekade deel van ons ritme en allerdaagse. Ek is van oortuiging dat die Liewe Heer essensiële olies geskape het, juis toe Hy my en jou in gedagte gehad het!

Dit is ‘n voorreg om ‘n tikkie van my nes, my reis en my passie met jou te deel en dit is my hartswens dat jy, liewe leser, hier sal wegstap, opnuut geprikkel om met ‘n intensionele bewustheid toesig te hou oor jou huis, jou geliefdes en jou eie welstand.

My passie vir essensiële olies is geprikkel deur Ouma Lu se Skurwejantjieroom. Skurwejantjie is met sorg in haar kombuis gemeng en het destyds die dogtertjies se droë ekseemlyfies vertroetel tydens Windhoek se droë winters. Alhoewel ek aanvanklik skepties was om Ouma Lu se konkoksies op my gesig te gebruik, het ek later jare, toe ons Pretoria toe getrek het, elke geleentheid aangegryp om saam met haar met essensiële olies te eksperimenteer.

Essensiële olies ondersteun letterlik elke sisteem in ons liggaam: ons skelet, spiere, bloedvate, hormone, respiratoriese- en immuunstelsels.  Dit ondersteun breingesondheid, selregenerasie en emosies.  Laventel in ‘n diffuser kalmeer ‘n kind na ‘n rowwe skooldag, Peperment bring verligting vir ‘n kloppende hoofpyn, Eucalyptus ondersteun ‘n toe borsie. Die gebruike is eindeloos. In ons huis word olies ook as alternatief tot sintetiese, toksiese skoonmaakmiddels gebruik.  Jy kan letterlik elke chemikalië in jou huis vervang met ‘n gesonder, suiwer alternatief, sonder dat dit jou ‘n arm en ‘n been gaan kos.

Wat is essensiële olies?

Essensiële olies is die natuur in een van sy mees kragtigste, gekonsentreedste vorms.  Essensiële olies is vlugtige, komplekse, organiese verbindings gedistilleer uit blomme, bome, sade, wortels, grasse, vrugte en kruie…dit het terapeutiese eienskappe, sommige olies is anti-inflammatories (soos frankinscense), ander antisepties (soos lavender). Essensiële olies is in totale biochemiese harmonie met die menslike liggaam, dit word effektief geabsorbeer en los geen toksienes agter nie.

Daar is 3 maniere om olies te gebruik.  Die Britte smeer dit aan hul vel, die Franse drink en kook daarmee en die Duitsers diffuse en asem dit in – wat natuurlik die effektiefste is omdat die olies nie deur jou spysverteringstelsel hoef te gaan nie.

Toetse het bewys dat hierdie olies die hart, lewer en skildklier binne 3 sekondes bereik as dit ingeasem word en die bloedstroom binne 26 sekondes indien dit topikaal aangesmeer word!

Het jy geweet?

Dit neem 60 000 roosknoppe om een 1 eetlepel Roosolie te maak, 100 kg laventelblomme vir 7 Eetlepels Laventelolie. Jasmynbloeisels word met die hand gepluk voor die son warm is op die eerste dag wat hulle oopgaan, 4 miljoen bloeisels vir ‘n kilogram olie! ‘n Sandelhout boom moet 30 jaar oud wees en 90% droog wees voor dit gedistilleer word!

Hier is ‘n paar essensiële olies wat deel vorm van ons gesin se mediese skatkis:

Laventel: 

Dis letterlik die Swiss Army Knife van essensiële olies.  Dit is ‘n natuurlike antibiotika, anti-depressant, stimuleer selgenesing en voorkom letselvorming.  Ek gebruik dit vir insekbyte, skrape en brandwonde.  Ek het ‘n rollerbottel vir my dogtertjies se stukkende naelbeddens, ek smeer dit aan my plooie.  Jy kan dit diffuse om jou kinders, óf jou te kalmeer en om slaap te bevorder.

  • Laventel
  • Peperment
  • Thieves
  • Frankincense
  • Lemoen
  • Eucalyptus Radiata
  • Endoflex

Dis letterlik die Swiss Army Knife van essensiële olies.  Dit is ‘n natuurlike antibiotika, anti-depressant, stimuleer selgenesing en voorkom letselvorming.  Ek gebruik dit vir insekbyte, skrape en brandwonde.  Ek het ‘n rollerbottel vir my dogtertjies se stukkende naelbeddens, ek smeer dit aan my plooie.  Jy kan dit diffuse om jou kinders, óf jou te kalmeer en om slaap te bevorder.

Dis seker een van die olies wat ek die heel meeste gebruik.  Dit kan ‘n omgekrapte maag laat beter voel.  Masseer dit oor jou naeltjie met ‘n draolie vir krampe.  Dit kan verligting bring vir hoofpyn, tandpyn en rheumatiek.  ‘n Druppel in my waterbottel as ek oefen of daardie laatmiddag energiedip ervaar, is wonderlik!

(Young Living sinergie wat bestaan uit Lemon, Clove, Rosemary, Cinnamon en Eucalyptus):

Dit gee ons immuunstelsel ‘n hupstoot. Ons diffuse dit, smeer dit, drink dit sodra daar ‘n kiem in die lug is!  Die naam Thieves is geinspireer deur die legende van die Franse diewe wat in die 15de eeu slagoffers van die swart plaag beroof het.  Hulle het ‘n kombinasie van naeltjie, lemon, roosmaryn, eucalyptus en kaneel essensiële olies gebruik om hul weerstand op te bou.

Die beste olies vir jou vel en inflammasie, dit help ook met emosionele balans.  As ek twyfel…Frank vir alles!

Bevorder gesonde bloedsirkulasie. Voordelig vir cholesterol en bloeddruk. Lemoen se verfrissende geur kan angstigheid en depressie verlig. Dit voed die vel en versag plooie (voeg ‘n druppel by jou velsorgroetine saans, onthou sitrus is fotosentief).

Masseer moeë spiere. Kan Peppermint en Frank byvoeg.  Dit kan ook verligting bring vir toe neusies en gee respiratoriese ondersteuning.

 

Hierdie oliemengsel ondersteun jou endokriene sisteem. Ek en my man smeer dit daagliks aan ons skildklier vir hormonale balans.

Immuniteit en gesondheid is veral die laaste jaar ‘n deurlopende tema in kuierkringe. Essensiële olies vorm deel van my wapenrusting om ons gesin bo die welstandslyn te hou!

In ons huis word slegs die suiwerste, terapeutiese graad essensiële olies van Young Living gebruik.

Het jy geweet dat daar geen kwaliteitregulasies bestaan as dit kom by essensiële olies nie? My voorstel is dat jy twee keer dink voor jy enige botteltjie by die apteek koop. Meeste maatskappye se essensiële olies bevat addisionele sintetiese oplosmiddels.  ‘n Bottel met ‘n etiket “pure organic Lavender essential oil” op, kan byvoorbeeld net 5% hergedistilleerde Laventel in hê en dus geen terapeutiese waarde nie.

 

Young Living is reeds 25 jaar oud en pioniers in hulle veld! Die Young Living “Sead to Seal” proses waarborg dat jy die absoluut suiwerste kwaliteit produk vir jou gesin gebruik. Die proses word gemonitor van die saad, die grondkwaliteit. Geen onkruiddoder word gebruik nie.  Plante word geoes op hul piek, by die regte temperatuur gedistilleer en dan deur ‘n reeks toetse, intern en ekstern gëevalueer.

Young Living se skoonmaakreeks maak dit vir my moontlik ons huis 100% te suiwer van toksiese sintetiese chemikalieë. Dit is ultra-gekonsentreerd, eenvoudig, bekostigbaar en effektief! Dink net, nou sny ek nie meer my kinders se aarbeie op ‘n plankie wat ek nounet gewas het met ‘n chemiese skoonmaakmiddel met die woord “toksies” op sy etiket nie!

Liewe vegter. is jy gereed om jou huis te omskep in ‘n tuiste waar jy intentioneel jou geliefdes se totale welstand op ‘n natuurlike manier ondersteun? Hunker jy ook daarna om sintetiese, toksiese chemikalië vir eens uit jou huis uit te skop? Hierdie is nie ‘n kits transformasie nie, maar ‘n totale leefstyl verandering!

Ek is reg om jóú hand te neem en jou grootste ondersteuner te wees op jou eie reis, omdat ek weet watter impak dit op my eie gesin se welstand maak! Ek sal jou toerus met uitstekende hulpbronne en jou in ‘n japtrap bemagtig en ‘streetwise’ maak om essensiële olies veilig en met selfvertroue te gebruik.

Die woorde van Spreuke 21: 20 (engels) is vir my so mooi: “There are precious treasures and oil in the dwelling of the wise…”

Lize Winckler is getroud met Rudo. Saam met hul 3 jong dogters, deel hul gesin ‘n “wanderlust” en ‘n liefde vir die ongenaakbare Namibiese klipwoestyn.

 Kontak gerus vir Lize by 072 436 9073 of lizewinckler@gmail.com indien jy meer inligting wil hê.

VOLG MY OP FACEBOOK

Gesonde gedagtes oor gewigsverlies

Kom ons wees eerlik. Hoeveel keer het jy al probeer om ‘n paar kilo’s af te skud op een of ander absurde dieet wat jy glad nie geniet nie, net om daarna weer alles op te tel? Hoeveel keer was dié onderwerp nie al die hoofpunt van bespreking by verjaardagpartytjies of “opvang”-kuiertjies nie? Ek sou nie sê die samelewing het ‘n probleem met gewig verloor nie. Die feit is dat mense nie weet hoe om die gewig af te hou nie. Wetenskaplikes het bevind dat ongeveer 95% van mense wat daarin slaag om gewig verloor, dit uiteindelik weer optel.
Jy sien, die probleem lê in die giftige dieetkultuur en wanpersepsies wat veels te maklik versprei. Jy het waarskynlik al self soortgelyke goedbedoelde, maar tog belaglike aanbevelings van vriende, familie en kollegas gekry oor hoe jy buikspiere kan kry en jou bobene kan verslank. “Brood is die vyand; jy mag eers 12 uur in die middag begin eet; enige
happie wat jy na ses uur vanaand in jou mond steek gaan dadelik heupe toe en jy mag nie jou lippe aan suiker sit nie.”
Dit is moeilik om te weet wie is reg en wie is verkeerd as dit kom by gesondheid en kos. Ek self het gewroeg hiermee. My ervaring is ‘n goeie voorbeeld van wat kan gebeur as jy jou rigiede denke te ver laat gaan. Destyds het elke afwyking van my streng, arbitrêre voedingsreëls gevoel of ek vir ewig gedoem was. Ek het gedink dat as ek een oefensessie mis, ek die volgende dag sekerlik met ‘n ekstra lagie vet om my middel sou wakker word.
Ek het vas geglo dat as ek ‘n snytjie brood of ‘n blokkie sjokolade eet, ek dit nooit ongedaan sal kan maak nie. Te gereeld het ek, soos ontelbare ander vrouens én mans, nadat ek vir ‘’n oomblik van my dieet af gedwaal het, totaal tou opgegooi en gesê: “Ag, ek sal net weer Maandag begin.” Min het ek geweet dat dié manier van dink totaal en al onnodig was.
Boonop het dit my liggaam en my gemoed meer skade gedoen as goed.
Nou, ‘n paar jaar later, wil ek lag vir die feit dat ek myself van brood, suiker en sjokolade ontneem het. In plaas daarvan om te sê dat sekere kos taboe is, bestaan my dieet nou uit al die kos waaroor ek gek is. Nog beter, ek het meer spiermassa en minder liggaamsvet as toe, en ek voel duisend keer meer energiek.
So, wat is die geheime resep as dit kom by die instandhouding van jou gewigsverlies? Ek het besef dat die enigste dieet wat werk, die dieet is wat jy die meeste geniet en wat volhoubaar is vir jou. Ons is nie robotte nie. Ons is mense. So hoe op aarde kan jy dan nog steeds alles eet wat jy geniet en terselfdetyd gewig verloor, vra jy?
Dit is eintlik so eenvoudig. Gewigsverlies kom neer op een belangrike konsep, naamlik jou totale kalorie-inname.

Jou energiebalans (hoeveel energie jy verbruik teenoor hoeveel jy spandeer) bepaal of jy gewig verloor, gewig in stand hou of gewig optel. Alhoewel daar baie veranderlikes in hierdie vergelyking is, is dit oor die algemeen ‘n funksie van hoeveel jy deur die dag eet, in verhouding tot hoeveel kalorieë jy verbrand. Dit is’ n totale wanopvatting om te glo dat ‘n mens net kalorieë verbrand as jy oefen. Jou liggaam gebruik energie in die vorm van kalorieë op verskeie maniere naamlik: vertering van kos, nie-oefeningsaktiwiteit (bv, stap, tandeborsel en gesels) asook formele fisiese aktiwiteit.
Moenie toelaat dat hierdie inligting jou oorweldig nie. Al wat dit beteken, is dat om meer gewig te verloor, jy meer energie moet verbrand as wat jy inneem, en om gewig op te tel, geld die omgekeerde. Byvoorbeeld, as jy jou dieet hou soos wat dit is, en jy stap ‘n bietjie meer, is die kanse goed dat jy ‘n kilogram kan afskud. As jy nie lief is vir fisiese inspanning nie, is jou beste roep om eerder daardie tweede skeppie kos op ‘n Sondagmiddag oor te slaan.
Soos jy kan sien, gaan dit nie daaroor om stysel te vermy of soetgoed vir ewig af te sweer nie. Op die ou end kan jy stééds gewig verloor met al jou gunsteling kos- solank jy minder kalorieë inneem as wat jy verbrand.
Ek sê nie jy móét al jou kalorieë tel nie. Al wat jy hoef te doen is om meer bewustelik te lewe. Wees meer bewus van jou liggaam se natuurlike aanduidings dat jy regtig honger is. Wees teenwoordig in die oomblik wanneer jy sit en eet. Dek weer die tafel. Geniet elke happie.
Stap meer, drink water en wees bewus van elke dingetjie wat jy doen. As 2020 ons een ding geleer het is dit dit: Die lewe is kort- veels te kort om ‘n onmoontlike dieet te volg wat vir jou onvolhoubare resultate gaan bring.
Bewustelik lewe, dis die geheim. Soos die Indiese skrywer, Amit Ray, dit beskryf in sy boek “Mindfulness – Living in the moment, living in the breath”: “In every bend of time there is some surprise, joy and beauty. Mindfulness is the light to discover it.

Deur Mariné Bothma

Life is a dance – mindfulness is witnessing that dance…”

As jy jou gesondheids reis saam met Mariné wil begin kan jy haar gerus hier kontak:

KONTAK MY HIER

My reis met bewustelikheid het laasjaar begin.

Na agt jaar se studie (eers ‘n BSc in fisiologie en sielkunde en toe Tandheelkunde) is ek in 2019 na ‘n vêr afgeleë landelike hospitaal in Kwazulu-Natal geplaas vir my gemeenskapsjaar. 2019 was ook my eerste jaar van getroude lewe. Dit was ‘n moeilike jaar aangesien ons apart moes bly en mekaar baie min gesien het. Hierdie was egter ‘n seisoen in my lewe waar ek geweldig gegroei het. Dit was die begin van my passie  vir ‘n lewe gevul met bewustelikheid. Ek het verskeie kursusse oor bewustelikheid bygewoon en gereeld ‘retreat’ sentrums besoek in die mooie middellande van Natal.

Ek is getroud met my beste vriend Eugene, ‘n ingenieur wat op die De Beers diamantmyn werk. Ons woon op die oomblik saam met ons twee honde, Luna en Zeus, in Musina, Limpopo.

Ek werk as ‘n tandarts wat geweldig veeleisend kan wees (veral in die tyd van COVID-19). Dit maak egter vir my die wêreld se verskil om meeste van my tyd te vul met kreatiwiteit, bewustelikheid, boeke, yoga, kuns, musiek en hygge*. My grootste passie in die lewe is om te reis en nuwe kulture en plekke te ontdek.  

Bewustelikheid

Hoeveel dae vlieg verby waar jy skaars bewus is van die omgewing, mense en kosbare momente in jou lewe? Wanneer laas het jy regtig gefokus op die smaak en tekstuur van die kos wat jy eet?  Hoeveel keer in ‘n dag reageer jy outomaties op ‘n situasie waar jy na die tyd spyt is oor jou reaksie?

Bewustelikheid het die vermoë om die kwaliteit van jou daaglikse lewe te verander. Om bewustelikheid op ‘n daaglikse basis te oefen, leer jou om ten volle teenwoordig te wees. Jy begin weer die pragtige blomme langs die pad raak sien. Jy deurdink jou reaksie op ‘n situasie eerder as om aotomaties te reageer.

Ek glo dat bewustelikheid ‘n subjektiewe instelling is en dat dit uniek tot elke persoon is. Jy kan besluit wat bewustelikheid vir jou beteken. My gunsteling definisie van bewustelikheid is deur John Kabat-Zin:

“Mindfulness means paying attention in a particular way: on purpose, in the present moment, and non-judgmentally.”

‘n Bewustelike instelling maak dat jy die vermoë ontwikkel om daaglikse stres en negatiewe emosies te verminder. Jy word al hoe meer bewus van die negatiewe patrone van gedagtes en stories in jou kop om sodoende ‘n meer positiewe en rustige verhouding met jouself te koester.

Om meer bewustelik te lewe begin met klein stappe. Fokus op die alledaagse, vevelige aktiwiteite in jou lewe en probeer ten volle bewus wees in die oomblik. Voorbeelde hiervan sluit in: fokus op die tekstuur van die tandepaste in jou mond wanneer jy tande borsel, fokus ten volle op die geure, reuke en tekstuur van kos as jy vanaand kook en eet. Hoe voel jy in hierdie moment? Wat is jou gedagtes in hierdie moment?

Amy Leigh Mecree skryf: “The simple act of observing and redirecting thoughts is a kind of mini-meditation on its own. This is being mindful.”

Meditasie is nog ‘n metode om bewustelikheid te oefen. Meditasie help ons om die gedagtes en emosies in ons kop stil te maak om sodoende ten volle teenwoordig te wees in die moment. Tydens meditasie fokus ons op ons asemhaling. Die ritme van jou asemhaling is konstant en  altyd teenwoordig. Deur op jou asemhaling te fokus, beweeg die fokus weg uit jou kop na jou liggaam en word jy  bewus van jou totale wese in die moment. Probeer elke dag ‘n paar momente inruim waar jy stil word, drie diep asemteue neem en ten volle bewus word van waar jy is in tyd en plek.

Ek sluit af met die pragtige gedig van Frederick Buechner:

FOUND

Maybe it’s all utterly meaningless.
Maybe it’s all unutterably meaningful.
If you want to know which,
pay attention to
what it means to be truly human
in a world that half the time
we’re in love with
and half the time
scares the hell out of us…

The unexpected sound of your name on somebody’s lips.
The good dream.
The strange coincidence.
The moment that brings tears to your eyes.
The person who brings life to your life.
Even the smallest events hold the greatest clues.

Frieda van der Merwe

* Hygge is ‘n Deense woord wat gebruik word om ‘n gevoel of moment van gemaklikheid, geselligheid en tevredenheid te beskryf. In my poging om bewustelik te lewe, het hierdie term hygge in my alledaagse lewe gestalte begin vind. Voorbeelde hiervan sluit in: die aansteek van geurige kerse deur my hele huis, ‘n mooi lang gedekte tafel met tapas en sjampanje onder die Afrika son saam met vriende en familie, gesellig onder ‘n warm kombers voor ‘n kaggelvuur met ‘n gunsteling boek en musiek.

Besoek Frieda se geskrewe blog hier:

A MINDFUL STORY

Kom vier saam die vreugde van LEWE, die skat van kuns en die immer teenwoordige behoefte om nuut te skep.

Kopiereg van alle intellektuele eiendom op die webwerf behoort aan Elsa Catharien Winckler behalwe as anders vermeld.

Kontak Vorm
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from - Youtube
Vimeo
Consent to display content from - Vimeo
Google Maps
Consent to display content from - Google