Bydraes

Ons wêreld, hier in die suide van ons kontinent, wemel van wonderlike skrywers, briljante musici, verbeeldingryke illustreerders, kunstenaars en smulpape vir die lewe. In hierdie ruimte gaan nuwe en besondere kuns gewys en van vertel word. Ons vier dan ook sommer deurgaans ons taal wat so lekker van ons lippe afrol en so soet in ons ore klink!

Daar is ‘n skatkis ougoed. Ook dit gaan uitgegrawe word, sodat ons weer opnuut daaraan kan proe en dit soos ‘n kosbare suiglekker in ons monde kan rondrol.

 

Internationale Nierdag

SKENK ‘N LEWE 

Vandag is Internasionale Nierdag.

Niersiektes bedreig mense se lewens… jonk en oud. 

‘n Nieroorplanting bring hoop, lewe, energie.

Wees deel van daardie hoop, lewe, energie

Registreer as orgaanskenker: https://www.odf.org.za/  

Raak betrokke en draf saam!

“Liewe atlete, ek neem deel aan die Two Oceans 2022! Ek gaan hardloop vir bewusmaking van orgaan oorplanting. Dit is BAIE naby aan my hart, ek het direkte familie wat ‘n orgaan moet ontvang. Ek wil graag hê ons moet ‘n paar mense wees wat geborgde hempies dra, 56km of 21km! Ek hoop jy sal kan deel wees want die impak sal soveel groter wees. Gee asb julle name by my op dat hempies gemaak kan word – 072 578 3199 of lumarie. alers@gmail.com. Mooi dag en lekker oefen!”

Lumarie Alers 

geure & energie & gedagtes

JONG  |  STEMME  |  LIG  |  ENERGIE  |  ‘N MONDIGE JAAR  |  ‘N TYD VAN MISKIEN 

Hierdie reeks Jong Stemme is bedoel om soos n vars bries deur jou jaar te waai…lig en energiek, met aktiewe deelname van elke sintuig. Dit laat doelgerig ‘n spoor deur jou alledaagse doen en late…die gewone lewe word dae, weke en maande gevul met passie, sensualiteit en bewustelike kreatiewe denke en dade Neem deel aan díe heerlike reis…

Lize en die wonder van essensiële olies

LEES MEER

Mariné se positiewe gesondheid

LEES MEER

Frieda se reis met bewustelikheid

LEES MEER

‘n Eenmalige kunswerk in keramiek met n collage uit die natuur wat oud en jonk fassineer!

Drini Jacob

Drini Jacob is ‘n veelsydige kunstenares in Ermelo, ‘n knap besigheidsvrou, ‘n passievolle mens. Sy werk oor jare heen in verskillende mediums: vroeër was dit ‘n keramiekstudio, deurgaans is dit skilderwerk en deesdae ‘n tuin en lewe vol mosaíek. Haar lewe getuig van energie en produktiwiteit en ‘n ontploffing van kleur en tekstuur en lig wat weerkaats word. Miskien is dit haar uitstaande kenmerk…die weerkaatsing van lig, in haar kuns maar ook in die mens wat sy is.

Dit doen sy in Ermelo. Sy neem ‘n span mense met haar saam wat sy bemagtig met vaardighede wat hulle toerus vir die lewe en in die kunste. Haar werk is al wyd uitgestal, in Suid Afrika en ook in Italië.

Sy het die somers- en wintersdammetjie geskilder in die storie: Die Dammetjie.


Bome van plek tot plek

in die Nasionale Krugerwildtuin

Marissa Greeff

Hierdie boek gaan oor bome, maar is saamgestel rondom plekke in die Nasionale Krugerwildtuin. Dit beskryf 51 verskillende soorte bome in kampe, piekniekplekke en voëlskuilings soos statiese voorwerpe. Wanneer jy in ‘n kamp aankom of by ‘n piekniekplek of ‘n skuiling stilhou, sal die boek vir jou ‘n opvallende of interessante boom daar uitwys en beskryf.

Uitgegee deur Briza Publikasies en verkrygbaar by boekwinkels in Afrikaans en Engels. 

Vegters

Van Lucia Prinsloo

‘n Heerlike boek om te lees wat goedvoel, uitdaging, heldedade en sagte romantiek in die jeug en in die lewe, saamvat. Dit laat ons almal tuis voel op ons stuk aarde en as die mense wat ons is.

 

‘n  Meesterlike Bildungsroman!

Uitgegee deur Lapa Uitgewers, afdeling Wenkbrou

In jou Gedagtes

Herman van Veen en Alida Bothma

Twee meesters saam sit vir ons ’n uitmuntende kinderboek op die rak. Tog dink ek dis meer vir grootmense, ’n diep en sielvolle storie. ’n Wonderlike verhaallyn, lieflike rym en skitterende illustrasies laat jou mond water…

Uitgegee deur Protea Boekhuis


One-man-band deur Piet Grobler

Kom vier saam die vreugde van LEWE, die skat van kuns en die immer teenwoordige behoefte om nuut te skep.

Kopiereg van alle intellektuele eiendom op die webwerf behoort aan Elsa Catharien Winckler behalwe as anders vermeld.

Kontak Vorm
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from - Youtube
Vimeo
Consent to display content from - Vimeo
Google Maps
Consent to display content from - Google