Hier is 'n pragtige bundel stories vir die vakansie. Geskik vir voorlees en selflees.
Studio EW
Stories van die see
OUTEUR: Wendy Maartens, ILLUSTREERDER: Marjorie van Heerden
Stories van die see is ’n versameling seestories van regoor die wêreld – van “Hans en die gaatjie” in Haarlem tot die seevoëlnesplukkers Adhi en Sinta in die Ooste. Maar daar is ook heelwat plaaslike verhale oor die Birkenhead-bevel, “Die Vlieënde Hollander”, die Alibama, Wolraad Woltemade, die Gat-in-die-Muur by esiKhaleni waar die watermense jou kom haal, “Die spoke van Jutteneiland”, “Adamastor en die Kaap van Storms” en die skaapwagtertjie van Macassar wat Sjeg Joesoef se graf tussen die duine gevind het. Stories van die see bevat verwerkings van The Little Mermaid en die verhaal van Prinses Elisa en haar elf swane-broers, asook die Weskusboer Koos Malgas wat sy robvrou se vel gesteel het. En natuurlik kul Hasie vir Soutwaterkrokodil. Saam met die pragtige illustrasies van Marjorie van Heerden sal Stories van die see ’n klein lesertjie wegvoer na ’n magiese seestoriewêreld.