Kootjie Totjie

Langenhoven se vindingrykheid bly verstommend. ‘n Tydlose kleinood.
Studio EW

Kootjie Totjie

OUTEUR: C.J. Langenhoven, ILLUSTREERDER: Marjorie van Heerden

Kootjie Totjie is een van Langenhoven se  gesogte kinderverhale en bekoor vandag nog kinders – en grootmense. Kootjie Totjie is ’n wit varkie wat heerlik op die plaas woon – totdat Gert Wolf die dag besluit dis vreeslik onregverdig dat net boere varkies vir die slag mag aanhou en hy Kootjie summier ontvoer.

Die jonge Kootjie verlang vreeslik na sy ma daar in sy gevangenskap in die bos, maar ’n ma-duif ontferm haar oor die ou varkie en sy kom met ’n plan vorendag om  Kootjie van die slagtersmes te  red – en wat ’n meesterlike plan is dit nie!

Die humor en lewendige beskrywings spreek van Langenhoven-stories se eiesoortige bekoring.

koop die boek

Posted

in

by

Tags: