Jong lesers is al geslagte lank versot op die vertallings vol verrassings en avontuur. 'n Lieflike bundel.
Studio EW
Dierestories 2
OUTEUR: G.R. von Wielligh, ILLUSTREERDER: Dale Blankenaar
Dierestories 2 is die tweede in ’n reeks diereverhale versamel deur G.R. von Wielligh. Die diereverhale wat Von Wielligh versamel het van die Khoi-Khoi, is van die oudste diereverhale in Suid-Afrika. Dale Blankenaar se illustrasies gee nuwe lewe aan die diere se kaskenades.
In Dierestories 2 maak ons kennis met nuwe dierekarakters soos Tier, Krokodil en Hasie. Arme Wolf kry dit nog op sy moses met Jakkals se skelmstreke!