Heleen en die heks met hoofpyn

Hekse is nog altyd deel van kinderstories. Hier is ‘n lieflike een met ‘n goeie einde: vreesaanjaend, forseer die karakter tot inisiatief en kreatiwiteit.
Ook geskik vir selflesertjies.
Studio EW

Heleen en die heks met hoofpyn

OUTEUR: Corlia Fourie, ILLUSTRASIES: Vian Oelofsen

In die middel van die groot bos in Heleen se dorp, woon ’n lelike ou vrou met gitswart oë en klitsgrashare, ’n moesie op haar neus en ’n baie venynige  grief:  Sy haat gelukkige kinders met elke beentjie in haar benerige lyf. Hulle gee haar hoofpyn. Erge hoofpyn – sodat sy vir dae lank aan stink bossies moet ruik om reguit te kan sien. Is sy dalk ’n … ’n … heks? Maar daar is nie hekse nie!

Terwyl Heleen eendag kortpad deur die bos kies skool toe, kruis haar paadjie met dié van die heks – en beland haar naam per ongeluk in dié se gevreesde Gommagomboek. En, ag togga, riepe rogga, as jou naam eers  daarin opgeskryf staan …!

Heleen weet dat sy ’n plan sal moet maak om haarself – en die ander kinders op die heks se haatlysie! – te red … maar hoe gemaak as alle grootmense dink jy praat bogstories? En die heks boonop beter kan rekenaarspeletjies speel as enige kind?

Sal Heleen en haar broer Ben kan uitpluis hoe mens ’n nare heks ’n slukkie van haar eie medisyne gee? Natuurlik … want kinderkrag is toorkrag!

koop die boek

Posted

in

by

Tags: