Haar naam is Wildesonsoekertjie. Sy het ‘n Poprosie in haar hare. Haar maats is Dwalende Jood, Mooinooientjie en Bobbejaanstert, haar hondjie.

Poprosie

Dwalende Jood

Mooinooientjie

Veldsambreeltjie
Voel
Sy voel die warm strale van die son. Sy het ‘n Veldsambreeltjie nodig of ‘n Moederkappie teen die son. Sy voel met haar vingertjie aan die Fluweelblom. So, sag en sê: “Ons moet oppas om nie in die Rasperdisseldoring te trap nie! Eina!”

Moederkappie

Fluweelblom
Hoor
Hulle hoor die Purperwinde deur die veldgras waai. Die Boesmanrietjie fluit en die Grasklokkies lui in die môre stilte.

Grasklokkies

Bloupoeierkwassie
Sien
Wie sien Bloubietou, Bloupoeierkwassie, Blou-angelier, Bloutulp, Vleilelie, Graslelie en Vuurlelie eerste?

Blou-angelier

Vleilelie
Proe
As hulle honger is, kan hulle proe aan Botterblom, Wildepatat, Gemsbokboontjie, Muisvoëlkomkommer of Bobbejaandruif en Wildepynappel?
Maar wat van Koekbossie en Bergkatjietee?

Botterblom

Wildepatat

Wildepynappel

Katbos
Ruik
Ruik net die Katbos, Aasblom en Krismisblom, Kerrieblom en Wildeleeubekkie. Sy dink dat Pietersielietabak en Tamboekietwak lekker sal ruik as haar oupa dit in sy pyp rook.

Aasblom

Krismisblom
Sy pluk Wildejakobregop en Pienkheide vir Ouma se blompotjie op die Kassie voor haar bed.

Wildejakobregop

Vieruurtjie
Vieruurtjie laat haar onthou dat dit tyd is om huis’ toe te gaan. Hulle stap verby Snotterbelletjie en Ploegbreker oppad na die hek toe. Kwaggaballetjies kruip weg in die gras. Op die Geelaandblom sit ‘n Borselpootskoenlapper en Wilde-ertjie se besoeker is Opaalskoenlapper.
Kortstertjie fladder op die Blaasertjie en vlieg weer weg.

Snotterbelletjie

Ploegbreker

Wilde-ertjie

Opaalskoenlapper
Die Maartlelie staan soos ‘n jong dame in pienk, wye dansrok getooi. As haar blomtyd verby is, raak die droë blomsteel los van die blare en wortels. Waai oor die veld en gaan rus teen die kamp se draad. Dan vertel Oupa van die Perdespook. ‘n Perd kan vreeslik skrik en snork as die droë Kandelaarblom, wat ‘n ander naam is vir dieselfde, deftige lelie, beweeg of rol in die wind.

Maartlelie