Hierdie ligte, idiomatiese gedagtes, laat 'n kind wonder… skool is dalk nie so sleg nie. Skreeu snaaks!
Studio EW
Voordat daar skole was
OUTEUR: Vincent Malone, ILLUSTREERDER: André Bouchard, VERTALER: Nicol Stassen
Het jy al ooit gewonder hoe die wêreld was voordat daar skole bestaan het? Wat het mense van hulle wêreld geleer? Het hulle gesê dat die engeltjies piepie as dit reën? Het hulle geweet van mense soos Napoleon en Paul Kruger? Was kinders regtig veilig teen ʼn onvoorbereide toets?
ʼn Skreeusnaakse boek vir kinders wat verwag dat dinge beter moes wees voordat daar skole was. Die skrywer neem die leser terug na prehistoriese tye waar wiskunde, geskiedenis, musiek en fisika nie regtig saakgemaak het nie. Terselfdertyd herinner dit die leser op humoristiese wyse waarom kinders skool toe moet gaan. Met groot illustrasies, waterverf met bruin potlood en gepaste raak sinne en uitdrukkings wat die illustrasies telkens aanvul en ironiseer.