Die hede hou hande vas met ’n vreemde, ver verlede!
Studio EW
Toe pappa klein was, was daar dinosourusse
OUTEUR: Vincent Malone, ILLUSTREERDER: André Bouchard, VERTALER: Nicol Stassen
Het jy al ooit gewonder hoe die wêreld gelyk het toe jou pa klein was? Was daar al dinge soos skole, kantore,
yskaste en TV’s? Hoe het mense vir mekaar sonder e-pos boodskappe gestuur? Het hulle regtig doodgegaan van iets soos verkoue omdat daar nog nie medisyne was nie?
Die skrywer neem die leser terug na prehistoriese tye waar die wêreld baie meer primitief en gevaarlik was. Groot illustrasies in waterverf en bruin potlood word telkens met ʼn gepaste skreeusnaakse kort sin vergesel.
ʼn Skreeusnaakse boek vir kinders wat vermoed dat hulle pa’s uit ʼn ander wêreld kom.