Omdat kinders klein is en hul eie behoeftes ken, identifiseer hulle maklik met hierdie klein (?) troeteldier. Dit is 'n fassinerende storie met verstommende beelde.
Studio EW
Toe my kat nog klein was
OUTEUR & ILLUSTREERDER: Gilles Bachelet, VERTALER: Nicol Stassen
Wat is meer hartroerend as ’n klein katjie se soeke na moedersmelk met sy klein slurpie? As die gedagte hieraan jou laat verteder, ontdek hoe een van hierdie klein katjies my kat geword het – die mees saggeaarde, die grootste en die mees verspotte kat ter wêreld.