Hierdie is 'n bundel tydlose stories met karakters wat jong kinders fassineer wat luister en selflees. Die leser raak ook meegesleur.
Studio EW
Storieland
OUTEUR: Helena J. F. Lochner
Storieland is ‘n pragtige kinderboek met 26 bekende en onbekende stories en pragtige illustrasies vir kinders uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner en was oorspronklik deel van ’n reeks van ses bundels, onder andere Kammaland, Kinderland, Kleuterland, Diereland en Avontuurland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees aan jong kinders en selflees deur kinders in Graad 3 en hoër. Protea gaan dit weer publiseer in ‘n nuwer moderne baadjie om hierdie wonderlike stories aan ‘n nuwe generasie bekend te stel.
Die kleurvolle illustrasies is deur Chris Venter wat al ‘n ATKV-Kinderboektoekenning gewen het vir sy werk,gedoen