Klein kinders ken die jeti. Hulle is ook mal oor spaghetti. Sit daarby 'n soektog en jy het 'n heerlike eietydse treffer.
Studio EW
Spaghetti vir die jeti
OUTEURS: Adam & Charlotte Guillain, ILLUSTREERDER: Lee Wildish, VERTALER: Philip de Vos
“Hiep hoera!” skree Janneman.
“Oplaas het ek my jeti!”
Maar die monster grom en brom verstom:
“My naam is liewe Bettie!”
Kom soek saam met Janneman na die jeti. Met net ’n kaart, ’n warm mus en ’n blik spaghetti in sy rugsak, klim Janneman teen ’n berg uit en as hy bo kom, sien hy dadelik die jeti! Maar wag so bietjie … kyk net daardie lipstiffie! Kan dit regtig die jeti wees? Spaghetti with the yeti is in 2013 benoem vir die Roald Dahl Funny Prize. Dié snaakse avontuurverhaal is nou in Philip de Vos se sprankelende Afrikaanse rymvertaling beskikbaar!