Hierdie is 'n bundel tydlose stories met karakters wat jong kinders fassineer wat luister en selflees. Die leser raak ook meegesleur.
Studio EW
Kleuterland
OUTEUR: Helena J. F. Lochner
Kleuterland is ‘n pragtige kinderboek met 40 stories en pragtige illustrasies vir kleuters uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner en was oorspronklik deel van ’n reeks van ses bundels, onder andere Diereland, Storieland, Kammaland en Avontuurland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees aan kleuters. Protea gaan dit weer publiseer in ‘n nuwer moderne baadjie om hierdie wonderlike stories aan ‘n nuwe generasie bekend te stel.
Die stories in die bundel word volgens bevatlikheid rangskik. Die langste woorde in die eerste ses stories bestaan uit slegs drie letters, dié in die volgende drie stories uit vier lettes en die volgende drie uit net vyf. Gaandeweg word die woorde moeiliker en langer.