Hierdie prenteboek is sprankelend in woord en beeld. Mens wil dit oor en oor lees, kan nooit klaar kyk nie. Dis soos 'n kaleidoskoop vol vlinders en beelde …
Studio EW
Een miljoen vlinders
OUTEUR: Edward van de Vendel, ILLUSTREERDER: Carll Cneut, VERTALER: Nicol Stassen
In die middel van die nag sien Martiens dit vir die eerste keer: die vlinders. Hulle vlieg om sy kop rond, een miljoen van hulle. Martiens weet nie waar die vlinders vandaan kom nie, maar sy ouers verstaan. “Dis tyd om te gaan,” sê hulle en gee vir hom alles wat hy op pad sal nodig kry.
Een miljoen vlinders is ’n verhaal oor grootword, weggaan, verlief word en weer huis toe kom.
Bekroon met ’n Zilveren Griffel 2008 en die Plantin-Moretusprys 2008.