Die voëltjies se ABC

Uitdrukking en bygeluide vorm ‘n kleurvolle alfabet.
Voëlkykers is ons en kenners van hul taal.
Studio EW

Die voëltjies se ABC

OUTEUR: Piet Grobler, VERTALER: Shané Kleyn

In hierdie boekie beeld Piet Grobler die alfabet op ’n baie oorspronklike manier uit. By elke letter laat hy die voëltjie iets sê en doen; een drink ’n glas leeg en breek ’n wind op (Burp!), ’n ander sit rustig op ’n tak tot ’n appel op sy kop val (Doink!), en ander voëltjies eet wurms (Njam!) of lê eiers (Plop!). Elke letter beslaan twee bladsye. Daar word telkens hoof- en kleinletters verskaf. Die interaksie tussen teks en illustrasie is baie snaaks: So breek ’n houtkapper ’n “T” met sy snawel middeldeur (Tok-tok-tok …) en maak ’n ander voël sy nes bo in die “Y”. Die voëltjies se ABC is ’n bekoorlike boekie wat vir ieder en elk plesier sal verskaf!

koop die boek

Posted

in

by

Tags: