Drome word planne en planne gaan oor in daade. Anna maak klere, laat winde waai en laat 'n onwaarskynlike voël vlieg…
Die droom is sterker as volmaakte masjiene.
Sprakelelend met illustrasies wat die wind ook deur jou hare laat waai.
Die droom is sterker as volmaakte masjiene.
Sprakelelend met illustrasies wat die wind ook deur jou hare laat waai.
Studio EW
Die vallei van die windmeulens
OUTEUR: Noelia Blanco, ILLUSTREERDER: Valeria Docampo, VERTALER: Nicol Stassen
In die Vallei van die Windmeulens het die mans, vroue en kinders soos al die ander mans, vroue en kinders in die wêreld geleef.
Tot die dag wat die Volmaakte Masjiene opgedaag het.
Danksy die Volmaakte Masjiene was alles van daardie dag af volmaak.
Dit was slegs nodig om ’n knoppie te druk om in ’n volmaakte wêreld te leef.
Dit was van daardie dag af dat almal ophou droom het. Maar het almal ophou droom?