Blad vir blad is hierdie boek 'n kunsuitstalling. Mens hoor, voel en sien waarlik die ritmiese reën. 'n Juweel!
Studio EW
Die ritme van die reën
OUTEUR & ILLUSTREERDER: Grahame Baker-Smith, VERTALER: Deborah Steinmair
Isak speel in sy gunstelingpoel langs die berg. Toe dit begin reën, gooi hy die water in sy bottel in die poel en hardloop saam met die blink strome waar dit oor watervalle stort, in riviere kronkel en uitmond in die see. Waar gaan die water wat in my bottel was nou heen? wonder Izak.
Van die kleinste druppel tot die diepste oseaan, in hierdie pragboek word die verhaal van die watersiklus op aarde vertel.