Hoe dink mens so 'n storie uit? Dit is asemrowend….
Woorde is kosbaar en suiwer emosies het min woorde nodig. Pragtig!
Woorde is kosbaar en suiwer emosies het min woorde nodig. Pragtig!
Studio EW
Die land van die groot woordfabriek
OUTEUR: Agnès de Lestrade, ILLUSTREERDER: Valeria Docampo, VERTALER: Nicol Stassen
Daar is ’n land waar die mense amper nooit praat nie. In hierdie vreemde land moet jy woorde koop en hulle insluk om hulle te kan uitspreek. Klein Daniel het woorde nodig om sy hart vir die pragtige Hanli oop te maak. Maar hoe moet hy dit doen? Want om alles vir Hanli te sê wat hy graag vir haar wil sê, sal ’n fortuin kos …
Die land van die groot woordfabriek het al in verskeie tale verskyn, insluitend Chinees, Duits, Engels, Frans, Katalaans, Koreaans, Nederlands, Sloweens en Spaans. Die Nederlandse weergawe het in 2010 ’n Vlag en Wimpel van die Griffeljurie ontvang.