Kinders kyk ure lank na die prentjies. Eers is hul saam bekommerd oor die diefstal, dan ontsteld… en dan verwonderd. Dié is 'n briljante klein prente-verhaal.
Studio EW
Die hoenderdief
OUTEUR & ILLUSTREERDER: Beatrice Rodriguez
Hierdie woordlose prenteboek bied ’n nuwe en vermaaklike blik op die bekende jakkals-en hoenderverhaal. Jakkals steel ’n hoender en die hoender se bekommerde vriende – ’n beer, haas en haan – agtervolg hulle dadelik. Hulle reis inderhaas deur ’n woud, oor ’n berg, die see, dag en nag. Wanneer hulle uiteindelik by die jakkals se woning aankom, begroet ’n onverwagse gesig hulle.