Vreemde kulture en gewoontes en plekke kan nou 'n misterieuse bekoring in. Hier word die jong kind of leser in so 'n ander wêreld ingetrek.
'n Spesiale avontuur.
Studio EW
Die geheim van die keel van die nagtegaal
OUTEUR: Peter Verhelst
ILLUSTREERDER: Carl Cneut
VERTALER: Nicol Stassen
Die Keiser van China droom van ’n nuwe Keiserlike Tuin van Tuine. Een man kry dit reg om die Keiser se droom waar te maak en ’n asemrowende tuin te ontwerp. Maar selfs die drome van keisers skiet soms te kort. Toe die Keiser ’n nagtegaal hoor sing, weet hy dat sy tuin nie volmaak is nie. Die nagtegaal is gewillig, maar nie willoos nie. Sy musiek is uniek, maar kan nie vasgevang word nie.
Die geheim van die keel van die nagtegaal is bekroon met die Woutertje Pieterse Prys, ’n Boekenwelp, die Gouden Uil Jeugliteratuurprys, ’n Boekenpluim, die Gouden Griffel, ’n Zilveren Griffel, ’n White Raven Special Mention en die Plantin-Moretus Lesersprys vir die mooiste buiteblad. Dit is reeds in Duits, Sweeds, Frans, Italiaans, Spaans, Koreaans, Deens, Sloweens, Brasiliaans en Armeens vertaal.