‘n Vinnige en maklike geskenk … maar so spesiaal!
Druk die Dierestories uit Afrika met kostelike illustrasies,
Maak jou eie bundel en gee vir ‘n kleinkind, kind, nuwe lesertjie…vir enige liefhebber van woorde en prentjies en pret
Dierestories
Ons bederf ons kinders met ‘n reeks heerlike ryme, gediggies, verse oor ons diere, babas en kleuters. Dus is dit rympies oor dierekinders vir mensekinders. Dit is egter so kostelik en lig aangebied dat oud en jonk dit eweveel geniet.
Geniet die heerlike rym en hoor hoe huppel ons mooi taal saam met ons dieremaatjies deur die veld!
Blomstudie van Caterien
Caterien was vyf jare oud en het die blomme geverf met vingertjies. Haar onderwerp was ’n bos blomme in ’n vaas. Sy het dus spontaan geverf, los en vry, wat sy gesien het. Vingers is ’n wonderlike medium, daar is geen moeilike tegnieke by betrokke nie, die verf kan sommer dik en helder op die papier beland. Die doek word dus met oorgawe vol kleur en tekstuur en vorm. Dis so opwindend vir ’n kind en maak hul lief vir kuns.