Om my tuiste te omskep in ‘n gesonde oase was een van die bevredigendste besluite wat ek al ooit geneem het.
Lize Winkler oor essensiële olies
Dit is ‘n voorreg om ‘n tikkie van my nes, my reis en my passie met jou te deel en dit is my hartswens dat jy, liewe leser, hier sal wegstap, opnuut geprikkel om met ‘n intensionele bewustheid toesig te hou oor jou huis, jou geliefdes en jou eie welstand.
My passie vir essensiële olies is geprikkel deur Ouma Lu se Skurwejantjieroom. Skurwejantjie is met sorg in haar kombuis gemeng en het destyds die dogtertjies se droë ekseemlyfies vertroetel tydens Windhoek se droë winters. Alhoewel ek aanvanklik skepties was om Ouma Lu se konkoksies op my gesig te gebruik, het ek later jare, toe ons Pretoria toe getrek het, elke geleentheid aangegryp om saam met haar met essensiële olies te eksperimenteer.
Essensiële olies ondersteun letterlik elke sisteem in ons liggaam: ons skelet, spiere, bloedvate, hormone, respiratoriese- en immuunstelsels. Dit ondersteun breingesondheid, selregenerasie en emosies. Laventel in ‘n diffuser kalmeer ‘n kind na ‘n rowwe skooldag, Peperment bring verligting vir ‘n kloppende hoofpyn, Eucalyptus ondersteun ‘n toe borsie. Die gebruike is eindeloos. In ons huis word olies ook as alternatief tot sintetiese, toksiese skoonmaakmiddels gebruik. Jy kan letterlik elke chemikalië in jou huis vervang met ‘n gesonder, suiwer alternatief, sonder dat dit jou ‘n arm en ‘n been gaan kos.
Het jy geweet?
Dit neem 60 000 roosknoppe om een 1 eetlepel Roosolie te maak, 100 kg laventelblomme vir 7 Eetlepels Laventelolie. Jasmynbloeisels word met die hand gepluk voor die son warm is op die eerste dag wat hulle oopgaan, 4 miljoen bloeisels vir ‘n kilogram olie! ‘n Sandelhout boom moet 30 jaar oud wees en 90% droog wees voor dit gedistilleer word!
Hier is ‘n paar essensiële olies wat deel vorm van ons gesin se mediese skatkis:
Laventel:
Dis letterlik die Swiss Army Knife van essensiële olies. Dit is ‘n natuurlike antibiotika, anti-depressant, stimuleer selgenesing en voorkom letselvorming. Ek gebruik dit vir insekbyte, skrape en brandwonde. Ek het ‘n rollerbottel vir my dogtertjies se stukkende naelbeddens, ek smeer dit aan my plooie. Jy kan dit diffuse om jou kinders, óf jou te kalmeer en om slaap te bevorder.
Dis letterlik die Swiss Army Knife van essensiële olies. Dit is ‘n natuurlike antibiotika, anti-depressant, stimuleer selgenesing en voorkom letselvorming. Ek gebruik dit vir insekbyte, skrape en brandwonde. Ek het ‘n rollerbottel vir my dogtertjies se stukkende naelbeddens, ek smeer dit aan my plooie. Jy kan dit diffuse om jou kinders, óf jou te kalmeer en om slaap te bevorder.
Dis seker een van die olies wat ek die heel meeste gebruik. Dit kan ‘n omgekrapte maag laat beter voel. Masseer dit oor jou naeltjie met ‘n draolie vir krampe. Dit kan verligting bring vir hoofpyn, tandpyn en rheumatiek. ‘n Druppel in my waterbottel as ek oefen of daardie laatmiddag energiedip ervaar, is wonderlik!
(Young Living sinergie wat bestaan uit Lemon, Clove, Rosemary, Cinnamon en Eucalyptus):
Dit gee ons immuunstelsel ‘n hupstoot. Ons diffuse dit, smeer dit, drink dit sodra daar ‘n kiem in die lug is! Die naam Thieves is geinspireer deur die legende van die Franse diewe wat in die 15de eeu slagoffers van die swart plaag beroof het. Hulle het ‘n kombinasie van naeltjie, lemon, roosmaryn, eucalyptus en kaneel essensiële olies gebruik om hul weerstand op te bou.
Die beste olies vir jou vel en inflammasie, dit help ook met emosionele balans. As ek twyfel…Frank vir alles!
Bevorder gesonde bloedsirkulasie. Voordelig vir cholesterol en bloeddruk. Lemoen se verfrissende geur kan angstigheid en depressie verlig. Dit voed die vel en versag plooie (voeg ‘n druppel by jou velsorgroetine saans, onthou sitrus is fotosentief).
Masseer moeë spiere. Kan Peppermint en Frank byvoeg. Dit kan ook verligting bring vir toe neusies en gee respiratoriese ondersteuning.
Hierdie oliemengsel ondersteun jou endokriene sisteem. Ek en my man smeer dit daagliks aan ons skildklier vir hormonale balans.