Kammaland

Hierdie is ‘n bundel tydlose stories met karakters wat jong kinders fassineer wat luister en selflees. Die leser raak ook meegesleur.
Studio EW

Kammaland

OUTEUR:  Helena J. F. Lochner, ILLUSTRASIES: Liezl Potgieter

Kammaland is ‘n pragtige kinderboek met 13 bekende en onbekende stories en pragtige illustrasies vir kinders uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner en was oorspronklik deel van ’n reeks van ses bundels, onder andere Diereland, Storieland, Kleuterland en Avontuurland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees en selflees deur kinders in Graad 3 en hoër. Protea gaan dit weer publiseer in ‘n nuwer moderne baadjie om hierdie wonderlike stories aan ‘n nuwe generasie bekend te stel.

Die kleurvolle illustrasies is deur Liezl Potgieter gedoen wat ook Kleuterland illustreer het.

koop die boek

Posted

in

by

Tags: