Nuut uit die studio

Eenvoud, elegansie, veelsydig…

In swart, duifblou, kaneel en pêrelwit.

Bamboo

Heerlike rekstof

Gemaklik

So gewillig vir kombinasies

Maak n lieflike duet met growwe katoenkant, ligte katoen of baldadige bont.

 

Eersdaags beskikbaar…so voetjie vir voetjie.

Ligte herfs jasse

Bestel joune vandag per epos: elsaw@winck.co.za.

Jasse word per koerier afgelewer. Detail beskikbaar op aanvraag. Solank voorraad hou. 

Van die materiaal beskikbaar
Van die materiaal beskikbaar

Oorjas en bruin rok
Oorjas en bruin rok

Bont jas
Bont jas

Ligte jas
Ligte jas

Herfs jasse
Herfs jasse

Oorjas en blou rok
Oorjas en blou rok

Ligte lap
Ligte lap

Uit Studio EW

Ontmoet ons nuwe reeks wat eersdaags besikikbaar gaan wees!

Wit rok
Wit rok

Oorjas en bruin rok
Oorjas en bruin rok

Bont rok
Bont rok

Swart rok van rekstof
Swart rok van rekstof

Oorjas en bruin rok
Oorjas en bruin rok

Bruin rok
Bruin rok

Almal dra ‘n jas

Almal dra ‘n jas
Almal dra ‘n jas
‘n Jas wat netjies pas
‘n Jas wat netjies pas

Die leeu, die muis, buite of tuis
Vaal, bruin, bont of grys

Almal dra ‘n jas
Almal dra ‘n jas
‘n Jas wat netjies pas
‘n Jas wat netjies pas

Die skaap sê trots, myne’s wol
Die van die vark is vol modder gerol

Almal dra ‘n jas
Almal dra ‘n jas
‘n Jas wat netjies pas
‘n Jas wat netjies pas

Die kwagga is deftig in swart en wit
Bobbejaan se ou jas is al flenters gesit

Almal dra ‘n jas
Almal dra ‘n jas
‘n Jas wat netjies pas
‘n Jas wat netjies pas

Mooi knopies van rooi op die jas van kalkoen
Die slang s’n is net vir die Somer seisoen

Almal dra ‘n jas
Almal dra ‘n jas
‘n Jas wat netjies pas
‘n Jas wat netjies pas

Die ysetervark is seker gek
Hy het sy jas met skerp penne bedek

Almal dra ‘n jas
Almal dra ‘n jas
‘n Jas wat netjies pas
‘n Jas wat netjies pas

Die eland, die buffel, die hond en die kat
Die koei en die kalf en die lekker patat

Almal dra ‘n jas
Almal dra ‘n jas

Hier is nuwe fotos van skeppings van die Matriekklas van 2000 tot 2007. 

Heerlik tydloos, met detail en oorspronklik!

Hier sien jy ‘n versameling foto’s geneem by modevertonings vanaf 1985 tot nou. Die modelle is altyd vriendinne, mooi vroue, wat uitrustings met groot grasie dra, elegansie verleen aan die geleentheid! Die krale en bykomstighede is meestal uit ons aarde of gemaak uit natuurlike produkte.

Hou gerus dop.

Ons Ontwerp

Ons Studio

Hier is oor die jare allerhande fassinerende uitrustings ontwerp en gemaak: droomtrourokke vir die mooiste bruide, wasige sagte rokke vir romantiese aande, uitsette vir eksotiese reise in ver lande, matriekafskeidrokke wat die verbeelding aangryp en treffende skeppings vir ’n verskeidenheid geleenthede.

Ons gaan in hierdie ruimte na van die mooiste hiervan kyk. Dit bly ’n interessante storie hoe die vrou, die idee en die materiaal, uiteindelik eindig in ’n uitrusting waarin sy tevrede voel en wat die geleentheid komplimenteer. ’n Skeppende pad wat so bevredigend is.

Sabeth Mashinini is die bedrewe stikster wat die legkaart van pante uitpluis en aanmekaar stik. Sy is al byna ontwerper in eie reg. Sy werk meer as 25 jaar hier en is ’n onlosmaakbare deel van die Studio. Onder haar vlytige vingers het vele lieflike skeppings vorm aangeneem!

Deesdae is die Studio ’n verkleurmannetjie wat gestalte gee aan uitrustings en stories en prentjies. Dit huisves ’n boekery, ’n ryk skatkis vol ougoed maar ook die nuutste bydraes. Ons poësie en letterkunde en musiek is grensloos… ons werk en skep terwyl die harp, barok of Mozart sorg vir inspirasie.


Waag ‘n bietjie

Koop iets moois

Wees effe roekeloos, eksentriek en boheems


Op bestelling beskikbaar:

Bestel ‘n bont of effe gemaklike

wintersbroek

vir reis of informele geleenthede.

Kontak ons met jou groote en kleurvoorkeur.

Koste: R850 plus posgeld

Reissakke te koop

Hierdie is gemaklike reissakke gemaak uit growwe tapisserie of dik brokaat of gordynstof. Geskik vir ’n babasak, vir jong kinders en vir ’n verskeidenheid geleenthede. ’n Wenner wat vir jare lank hou.

Koste: R950

Piekniekkomberse

Kleurvolle piekniekkomberse in groot laslappe en mooi kleurskakerings is ’n belegging vir baie jare se heerlike buite-kuiers. Dit is beskikbaar in dubbelbedgrootte en ’n kleurereeks van jou keuse.

Koste: R 3000

Reissakke en piekniekkomberse kan bestel word en pryse is op aanvraag beskikbaar. Dit kan ’n tyd neem om die bestelling af te handel, afhangende van omstandighede.

Die digter praat

Die kind van gister
word ‘n man.
‘n Man wat doen
wat manne kan.
‘n Man wat reis
na verre lande,
ander mense, ander strande.
‘n Man wat later alles weet,
maar gou sy lentedroom vergeet.

Jy –
met jou baadjie en jou das,
haal daai houtperd uit sy kas.
Voel sy spiere,
ruik sy sweet,
reis weer na jou groen planeet.
Gryp die sonlig.
Gryp die dag.
Die Land van Slaap
lê voor en wag.

Phillip de Vos

Grendelwinter

Dis Grendelwinter, dit was ‘n grendelherfs.
Ons was tuis, baie, heel tyd by die huis.
Klerekaste is reggepak en sorteer,
kleure bymekaar, seisoene bymekaar.
Ou geliefde stukke is uitgehaal,
bekyk en planne is gemaak.
Daar was tyd.
Ons kon items bymekaar sit,
ons kon dink oor waar elke stuk vandaan kom…
baadjie van ‘n vriendin wat lankal nie meer met ons is nie,
n besondere trui wat ek onthou uit my ma se jeugklerekas,
presies waar ek die mooi materiaal in ‘n lapwinkel gesien het,
op watter straathoek in ‘n ver land is die serp gekoop,
en die hoede, juwele… eksotiese stories!
So baie klere kom n lang pad.
‘n Klerekas met ‘n verlede het Rieth dit genoem.
Toe word dit ‘n speletjie.
Elke dag se uitrusting het n storie.
Die stories kom…

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from - Youtube
Vimeo
Consent to display content from - Vimeo
Google Maps
Consent to display content from - Google